14 Die Israelitiese man wat saam met die Midianitiese vrou doodgemaak is, se naam was Simri. Hy was die seun van Salu, ’n belangrike man uit die stam van Simeon.
15 Die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, se naam was Kosbi, die dogter van Sur, wat ’n stamhoof van Midian was.
16 Die Here het vir Moses gesê:
17 “Julle moet die Midianiete aanval en doodmaak,
18 want kyk hoe het hulle julle mislei om Baäl-Peor te aanbid en sondes te doen soos dié met Kosbi, die Midianitiese stamhoof se dogter, wat doodgemaak is op die dag toe die epidemie opgehou het.”