5 Moses het toe vir die leiers van Israel gesê: “Elkeen van julle moet die mense van julle stamme wat aanhangers van Baäl-Peor geword het, doodmaak.”
6 Moses en ’n klomp Israeliete was juis besig om by die ingang van die tent waar die Here aanbid word, te staan en huil oor alles wat gebeur het, toe ’n Israelitiese man ewe onbeskaamd met ’n Midianitiese vrou daar aankom. Hy is saam met haar in sy tent in waar almal dit kon sien.
7 Eleasar se seun Pinehas, Aäron se kleinseun, het dit ook gesien. Hy het opgestaan, ’n spies gevat
8 en die twee die tent in gevolg. Daar het hy die spies deur hulle al twee gesteek. Nadat hy dit gedoen het, het die siekte-epidemie waarmee die Here die Israeliete gestraf het, skielik opgehou.
9 In daardie stadium was daar reeds 24 000 mense in die epidemie dood.
10 Die Here het toe vir Moses gesê:
11 “Dit is as gevolg van Pinehas se optrede dat Ek nie meer vir julle kwaad is nie. Hy het geweier dat my eer aangetas word en dat die volk ’n ander god aanbid. Daarom het Ek nie die volk vernietig soos Ek wou nie.