35 “Die agtste dag moet julle ook nog feesvier. Niemand mag enige werk doen nie.
36 Die brandoffer wat julle op dié dag vir die Here moet bring, is ’n jong bul, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie.
37 Bring ook die graan- en drankoffers.
38 Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet ook gebring word.
39 “Dit is die lys brandoffers, graanoffers, drankoffers en eteoffers wat julle vir die Here moet offer op die vasgestelde feesdae. Hierby kom ook nog die gelofteoffers en vrywillige offers wat enige persoon enige tyd mag bring.”
40 Moses het dit alles vir die Israeliete gesê net soos die Here dit aan hom oorgedra het.