29 Die Kehatgroep het suid van die tabernakel kamp opgeslaan.
30 Hulle leier was Ussiël se seun Elisafan.
31 Hierdie groep se taak was die instandhouding van die ark, die tafel, die kandelaar, die altare, die gereedskap wat in die heiligdom gebruik word, sowel as die voorhangsel, met alles wat dié diens insluit.
32 Aäron se seun Eleasar was die leier van die familiehoofde van Levi. Sy werk was om toesig te hou oor almal wat in die Here se heilige plek diens doen.
33 Die Merarigroep is saamgestel uit die familiegroepe van Magli en Musi.
34 Daar was altesaam 6 200 mans in hierdie groep.
35 Die Merarigroep het noord van die tabernakel kamp opgeslaan. Hulle leier was Abigajil se seun Suriël.