25 Die Here het vir Moses gesê:
26 “Jy en Eleasar en die leiers van elke stam moet ’n opname maak van al die oorlogsbuit, dit sluit mense en diere in.
27 Verdeel dit dan in twee en gee een helfte vir die soldate en die ander helfte vir die res van die volk wat hier agtergebly het.
28 Uit die soldate se helfte moet jy vir die Here ook sy deel gee. Een uit elke 500 mense, beeste, donkies, skape en bokke behoort aan die Here.
29 Gee dan hierdie bydrae vir Eleasar as ’n geskenk aan die Here.
30 Jy moet ook een uit elke 50 van alles wat aan die volk gegee word, mense, beeste, donkies, skape en bokke, by hulle vat. Hierdie gedeelte moet jy vir die Leviete gee wat in beheer is van die tabernakel waar Ek aanbid word.”
31 Moses en Eleasar het hierdie opdrag van die Here uitgevoer.