44 36 000 beeste,
45 30 500 donkies en
46 16 000 mense.
47 Van die Israeliete se helfte het Moses een uit elke 50 persone en diere gevat volgens die Here se opdrag, en dit vir die Leviete gegee wat in beheer was van die tabernakel.
48 Die offisiere en onderoffisiere van die soldate wat gaan veg het, het toe na Moses toe gekom en vir hom gesê:
49 “Ons het al die manskappe onder ons bevel getel. Nie een is in die oorlog dood of vermis nie.
50 Daarom bring ons nou ook ons bydrae aan die Here uit die kleiner artikels wat elke man vir homself gevat het: goue kettinkies, armbande, ringe, oorringe en halssnoere. Dit is ons manier om vir die Here dankie te sê dat Hy ons lewe gespaar het en om ekskuus te sê vir al ons sondes.”