48 Die offisiere en onderoffisiere van die soldate wat gaan veg het, het toe na Moses toe gekom en vir hom gesê:
49 “Ons het al die manskappe onder ons bevel getel. Nie een is in die oorlog dood of vermis nie.
50 Daarom bring ons nou ook ons bydrae aan die Here uit die kleiner artikels wat elke man vir homself gevat het: goue kettinkies, armbande, ringe, oorringe en halssnoere. Dit is ons manier om vir die Here dankie te sê dat Hy ons lewe gespaar het en om ekskuus te sê vir al ons sondes.”
51-52 Moses en Eleasar het al hierdie juwele by hulle gekry. Toe hulle dit weeg, het hierdie geskenk aan die Here ongeveer 200 kilogram geweeg.
53 Dit was sonder die deel wat die soldate vir hulleself gehou het.
54 Moses en Eleasar het die geskenke van die offisiere na die tent toe gevat waar die Here aanbid word en dit daar bewaar om die Here te herinner dat die Israeliete aan Hom behoort.