7 Hulle het die Midianiete aangeval presies soos die Here beveel het, en al die mans doodgemaak.
8 Onder die mense wat doodgemaak is, was die vyf Midianitiese konings: Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba. Hulle het ook vir Bileam seun van Beor doodgemaak.
9 Die Israeliete het al die Midianitiese vroue gevang, hulle beeste en kleinvee gevat en hulle besittings gestroop.
10 Hulle het ook al hulle stede en dorpe verbrand.
11 Nadat hulle al hulle oorlogsbuit en al die mense en diere bymekaargemaak het,
12 het hulle dit alles na hulle kamp toe gevat op die vlaktes van Moab. Dit is regoor Jerigo langs die Jordaanrivier. Daar het hulle alles vir Moses en die priester Eleasar in die teenwoordigheid van die volk gegee.
13 Moses en Eleasar het saam met die ander leiers van die volk die soldate buite die kamp gaan inwag.