1 Die stamme van Ruben en Gad het gesien dat die gebiede by Jaser en Gilead baie goeie weiding gehad het. Omdat hulle groot troppe vee gehad het,
2 het hulle vir Moses en Eleasar en die ander leiers van die volk gaan sê:
3-5 “Hierdie dele van Atarot, Dibon, Jaser, Nimra, Gesbon, Elale, Sibma, Nebo en Baäl-Meon wat die Here aan ons oorgegee het, is ’n goeie gebied vir vee. Omdat ons baie vee het, vra ons u om asseblief eerder hierdie gebied vir ons te gee as ’n stuk grond aan die oorkant van die Jordaanrivier.”
6 Moses antwoord toe: “Verstaan ek reg: Julle wil aan hierdie kant van die rivier bly terwyl die res van julle volksgenote aan die oorkant moet gaan veg vir wat aan hulle behoort?
7 Hoekom wil julle nou die res van die volk se moed breek om in die land in te trek wat die Here vir hulle gee?