25 Die mense van Gad en Ruben sê toe vir Moses: “Ons sal doen net wat jy vra.
26 Ons sal ons vroue en kinders en ons kleinvee en ons beeste net hier in Gilead in die dorpe laat bly,
27 maar elkeen van ons wat kan veg, sal saam met julle oor die Jordaanrivier trek en vir die Here gaan veg.”
28 Moses het toe vir die ander leiers van die volk en vir Eleasar en Josua die volgende oor hierdie twee stamme gesê:
29 “As al Gad en Ruben se soldate saam met julle oor die Jordaanrivier trek en saam met julle daar gaan veg, moet julle vir hulle hierdie gebied in Gilead gee nadat julle die land ingeneem het.
30 Maar as hulle soldate nie saam met julle gaan veg nie, moet hulle hulle deel van die land kry net soos julle. Dan moet hulle dit aanvaar en daar gaan bly.”
31 Die mense van Gad en Ruben het toe gesê: “Ons sal doen wat die Here vir ons gesê het.