2 “Jy moet vir die Israeliete sê dat wanneer hulle hulle grond gekry het, hulle vir die Leviete stede moet gee om in te bly met goeie weiveld.
3 Hierdie stede met die weivelde moet hulle eiendom word, sodat hulle daar kan bly en hulle beeste en skape daar kan laat wei.
4-5 Van die stadsmuur af moet julle ’n strook van 450 meter wyd afmeet vir hierdie weiveld. Doen dit reg rondom die stad sodat die stuk weiveld om die stad 900 meter van oos na wes loop en weer 900 meter van noord na suid, met die stad in die middel.
6 “Verder moet ses van die stede wat julle vir die Leviete gee, stede wees waarheen ’n persoon sou kon vlug wat iemand anders per ongeluk doodgemaak het. Bo en behalwe hierdie ses stede moet julle vir hulle nog 42 ander stede ook gee.
7 Hulle moet altesaam 48 stede kry met weiveld rondom elke stad.
8 Die aantal stede wat elke stam vir die Leviete moet gee, hang saam met die grootte van die stam en die hoeveelheid grond wat hulle gekry het. As dit een van die groter stamme is, moet hulle meer stede afstaan. En as dit een van die kleiner stamme is, moet hulle minder stede afstaan.”
9 Die Here het vir Moses gesê: