22 “Sê nou dit gebeur dat iemand per ongeluk en sonder dat hy ooit kwaad was, iemand hard omstamp of per ongeluk raak gooi,
23 of sonder dat hy dit gesien het, hom met ’n klip raak gooi sonder enige bybedoelings en die persoon gaan as gevolg hiervan dood,
24 dan moet die leiers die saak ondersoek. Hulle moet besluit wat hulle gaan doen met die saak tussen die beskuldigde en die familielid van die persoon wat dood is. Die volgende riglyne moet gevolg word:
25 As die vergadering besluit dat die persoon per ongeluk doodgemaak is en dat dit nie ’n beplande moord was nie, moet hulle hulle uitspraak in die guns van die beskuldigde gee. Om hom te beskerm teen die wraak van die familielid van die dooie, moet hulle hom laat teruggaan na die toevlugstad waarheen hy gevlug het. Hy moet in dié stad bly tot die dood van die hoëpriester.
26 Maar as hy die toevlugstad voor die tyd verlaat,
27 en die familielid van die dooie loop hom raak en maak hom dood, is dit nie moord nie.
28 Want iemand wat na ’n toevlugstad toe gevlug het, moet daar bly tot die dood van die hoëpriester. Eers daarna is dit veilig om uit te kom en terug te gaan huis toe.