8 Die aantal stede wat elke stam vir die Leviete moet gee, hang saam met die grootte van die stam en die hoeveelheid grond wat hulle gekry het. As dit een van die groter stamme is, moet hulle meer stede afstaan. En as dit een van die kleiner stamme is, moet hulle minder stede afstaan.”
9 Die Here het vir Moses gesê:
10 “Sê vir die Israeliete: Wanneer julle deur die Jordaanrivier getrek het,
11 moet julle vir julle ’n aantal stede uitsoek wat bekend sal staan as toevlugstede. Die doel van hierdie stede is dat as iemand sonder opset ’n ander persoon doodgemaak het, hulle daarheen kan vlug en daar beskerm kan word.
12 Dan kan die familie van die persoon wat doodgemaak is, nie die ander persoon uit weerwraak daar kom vang en doodmaak nie. Daar sal hy eers die kans kry om sy saak aan die leiers van die volk te stel.
13 Julle moet ses sulke toevlugstede aanwys.
14 Drie in die gebied oos van die Jordaanrivier en drie in Kanaän, wes van die Jordaanrivier.