1 Daar het ’n groep familiehoofde van die mense van Gilead, die seun van Magir uit die stam van Manasse, na Moses en die ander leiers van Israel toe gekom met ’n versoek.
2 Hulle het die saak so gestel: “Toe die Here jou beveel het om die land onder die mense te verdeel deur lootjies te trek, het Hy mos ook vir jou gesê om vir Selofgad se dogters sy deel te gee.
3 Maar nou is daar ’n probleem. Sê nou hulle trou met mans uit ander stamme van Israel. Dan beteken dit dat hierdie mans daardie grond kry. So word die ander stam se grond meer en ons s’n minder.
4 En as die 50ste feesjaar aanbreek, word hierdie grond die permanente eiendom van daardie stam. So word ons wettige grond van ons af weggevat.”
5 Daarom het die Here toe vir Moses gesê: “Wat die mense van die stam van Josef sê, is waar.
6 Daarom is hierdie my beslissing: die dogters van Selofgad is vry om te trou met wie hulle wil, solank die persoon in hulle eie stam is.