9 Elke stam moet die grond wat hy by die Here gekry het, goed oppas.”
10 Selofgad se dogters het gedoen wat die Here gesê het.
11-12 Al vyf van hulle, Magla, Tirsa, Gogla, Milka en Noa, het met mans uit hulle pa se stam, die stam van Manasse wat Josef se seun is, getrou sodat hulle grond in hulle pa se stam gebly het.
13 Dit is die reëls wat die Here vir Moses gegee het om aan die Israeliete oor te dra daar op die vlakte van Moab langs die Jordaanrivier regoor Jerigo.