1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Beveel die Israeliete om elkeen wat ’n ernstige velsiekte het, of ’n onnatuurlike liggaamlike uitskeiding, of wat in kontak was met ’n lyk en daarom vir ’n tydperk nie aan godsdienstige aktiwiteite mag deelneem nie, uit die kamp uit te stuur.
3 Dit geld vir sowel mans as vroue. Stuur hulle uit die kamp uit sodat hulle nie die kamp waar Ek by julle is, onrein maak nie.”
4 Die Israeliete het toe die Here se opdrag uitgevoer en al hierdie mense uit die kamp weggestuur.
5 Die Here het toe vir Moses gesê:
6 “Wanneer ’n man of ’n vrou enige sonde doen waarmee hulle ontrou aan die Here is,
7 moet die skuldige persoon sy skuld bely. Verder moet die volle bedrag vir die skade wat die onskuldige gely het, plus ’n verdere twintig persent as skadevergoeding aan daardie persoon terugbetaal word.