27 As sy ontrou was aan haar man, sal die water haar baie siek laat word. Haar maag sal opswel, en sy sal nie weer kinders kan hê nie. Haar mense sal haar verag en verstoot.
28 Maar as sy nie ontrou was aan haar man nie, sal haar onskuld bewys word. Dan sal sy weer babas verwag.
29 “Hierdie prosedure moet gevolg word wanneer ’n man sy vrou nie vertrou nie. As ’n vrou ontrou was aan haar man en by iemand anders geslaap het,
30 of as ’n man sy vrou van ontrou verdink, moet hy haar bring sodat sy voor die altaar in die teenwoordigheid van die Here kan staan en die priester hierdie ritueel kan uitvoer.
31 As die vrou skuldig is, sal sy die gevolge van haar daad moet dra. Die man is in sulke gevalle onskuldig.”