23 Die Here het ook vir Moses gesê:
24 “Die Leviete moet die volgende reël streng nakom: hulle mag eers op die ouderdom van 25 jaar begin werk in die tent waar Ek aanbid word,
25 en hulle moet op die ouderdom van 50 aftree.
26 Na hulle aftrede mag hulle die Leviete met die dienswerk by die tent help, maar hulle mag dan nie meer self enige dienste verrig nie. Dit is hoe jy die Leviete se dienstyd moet bepaal.”