1 Daarna het dit gebeur dat die koning van die `Ammoniete gesterf het en sy seun Hanun het in sy plek koning geword.
2 Toe het Dawid gesê: “Ek wil omgee bewys aan Hanun, die seun van Nagash, net soos sy vader aan my omgee bewys het.” Dawid het van sy diensknegte gestuur om hom oor sy vader te troos, maar toe Dawid se diensknegte in die land van die `Ammoniete kom,
3 het die prinse van die `Ammoniete vir Hanun, hulle meester, gesê: “Dink u dat Dawid u vader eer omdat hy troosters na u toe gestuur het? Het Dawid nie sy diensknegte na u toe gestuur om die stad te deursoek, dit te verken en dit omver te werp nie?”
4 Hanun vat Dawid se diensknegte en skeer die helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die middel af, tot by hulle heupe en stuur hulle weg.
5 Toe hulle dit vir Dawid vertel, het hy gestuur om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie verneder. Die koning het gesê: “Bly in Yerigo totdat julle baarde gegroei het en kom dan terug.
6 Toe die seuns van `Ammon sien dat hulle gehaat geword het by Dawid, het die seuns van `Ammon gestuur en die Arameërs van Beit-Regov en die Arameërs van Zobah gehuur, twintig duisend voetsoldate en die koning van Ma’akhah met een duisend man en die manne van Tov met twaalf duisend man.
7 Toe Dawid dit hoor, het hy Yo’av met die hele leër, die magtige manne, gestuur.