1 Daarna het dit gebeur dat Dawid יהוה geraadpleeg en gevra het: “Sal ek opgaan na een van die stede van Y’hudah?” יהוה het hom geantwoord: “Gaan op.” Dawid sê toe: “Waarheen moet ek opgaan?” Hy antwoord: “Na Hevron.”
2 Dawid het daarheen opgegaan, asook sy twee vroue, Agino’am uit Yizre’el en Avigayil, die weduwee van Naval, van Karmel.
3 Dawid het sy manne wat by hom was, laat opkom, elkeen met sy huishouding en hulle het in die stede van Hevron gebly.
4 Toe het die manne van Y’hudah gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Y’hudah gesalf en vir Dawid vertel en gesê: “Dit was die manne van Javesh-Gil’ad wat Sha’ul begrawe het.”
5 Dawid het boodskappers na die manne van Javesh-Gil’ad gestuur en vir hulle gesê: “Mag julle geseënd wees deur יהוה omdat julle hierdie omgee bewys het aan Sha’ul, julle meester en hom begrawe het.
6 Mag יהוה julle nou liefdevolle omgee en waarheid bewys en ek self sal ook hierdie goedheid aan julle bewys omdat julle hierdie ding gedoen het;
7 daarom, laat julle hande onveranderlik sterk wees en wees dapper, want Sha’ul, julle meester is dood en ook het die huis van Y’hudah my as koning oor hulle gesalf.”
8 Avner, die seun van Ner, die bevelvoerder van Sha’ul se leër, het egter vir Ish-Boshet, Sha’ul se seun, gevat en hom oorgebring na Maganayim.
9 Hy het hom koning gemaak oor Gil’ad, oor die Ashuriete, oor Yizra’el, oor Efrayim, oor Binyamin en oor die hele Yisra’el.
10 Ish-Boshet, Sha’ul se seun, was veertig jaar oud toe hy koning geword het oor Yisra’el en hy was koning vir twee jaar. Die huis van Y’hudah het egter vir Dawid gevolg.
11 Die tyd wat Dawid koning was in Hevron oor die huis van Y’hudah, was sewe jaar en ses maande.
12 Avner, die seun van Ner, met die diensknegte van Ish-Boshet, die seun van Sha’ul, het vanuit Maganayim na Giv’on gegaan.
13 Yo’av, die seun van Tz’ruyah, met die diensknegte van Dawid het uitgegaan en hulle ontmoet by die poel van Giv’on en hulle het gaan sit, een aan die een kant van die poel en een aan die ander kant.
14 Toe sê Avner vir Yo’av: “Laat die jongmanne nou opstaan en ’n kompetisie voor ons hou.” Yo’av sê: “Laat hulle opstaan.”
15 Toe het hulle opgestaan en volgens getal oorgegaan: twaalf is vir Binyamin en Ish-Boshet, die seun van Sha’ul, afgetel en twaalf van die diensknegte van Dawid.
16 Elkeen van hulle het die ander aan die kop gegryp en sy swaard in sy opponent se sy gesteek sodat hulle saam geval het; daarom noem hulle dié plek Helkat-Hatzurim, wat by Giv’on is.
17 Daardie dag was die geveg baie hewig en Avner en die manne van Yisra’el is verslaan voor die diensknegte van Dawid.
18 Die drie seuns van Tz’ruyah was daar: Yo’av, Avishai en `Asah’el. `Asah’el was so vlugvoetig soos een van die bokke wat in die veld is.
19 `Asah’el het Avner agtervolg en het nie regs of links afgedraai om Avner te agtervolg nie.
20 Toe kyk Avner agter hom om en sê: “Is dit jy, `Asah’el?” Hy antwoord: “Dit is ek.”
21 Avner sê vir hom: “Draai uit na jou regter- of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne vir jouself en vat sy buit vir jouself.” `Asah’el was egter nie gewillig om weg te draai daarvan om hom te volg nie.
22 Avner herhaal weer vir `Asah’el: “Draai weg daarvan om my te volg. Hoekom moet ek jou teen die grond slaan? Hoe kan ek dan my gesig oplig om jou broer Yo’av in die gesig te kyk?”
23 Hy het egter geweier om weg te draai; daarom het Avner hom met die agterkant van die spies in die onderlyf gesteek sodat die spies agter hom uitgekom het en hy daar neergeval en op die plek gesterf het. Dit het gebeur dat almal wat aangekom het by die plek waar `Asah’el geval en gesterf het, stilgestaan het,
24 maar Yo’av en Avishai het Avner agtervolg en toe die son ondergaan het hulle by die heuwel van Ammah gekom wat voor Giag lê, op die wildernispad van Giv’on.
25 Die seuns van Binyamin het agter Avner bymekaargekom en een groep geword en hulle het op die top van ’n sekere heuwel gestaan.
26 Toe roep Avner na Yo’av en sê: “Moet die swaard vir ewig verteer? Weet jy nie dat dit bitter sal wees aan die einde nie? Hoe lank gaan jy terughou om aan die manne te sê dat hulle moet terugdraai daarvan om hulle broers te volg?”
27 Yo’av antwoord: “So waar as God leef, as jy nie gepraat het nie, sou die manne sekerlik in die oggend weggegaan het, elkeen daarvan om sy broer te volg.”
28 Toe blaas Yo’av op die ramshoring en al die manne het stilgestaan en Yisra’el nie langer gevolg nie en ook nie aangehou veg nie.
29 Avner en sy manne het toe daardie hele nag deur die Vlakte gegaan en deur die Yarden getrek, die hele oggend geloop en by Maganayim gekom.
30 Toe het Yo’av teruggekom daarvan om Avner te agtervolg. Toe hy al die manne bymekaargemaak het, was daar negentien van Dawid se diensknegte, behalwe vir `Asah’el, weg,
31 maar die diensknegte van Dawid het baie van Binyamin en Avner se manne neergeslaan sodat drie honderd en sestig man gesterf het.
32 Hulle het `Asah’el opgeneem en hom in die graf van sy vader, wat in Beit-Legem was, begrawe. Toe het Yo’av en sy manne die hele nag getrek totdat die dag in Hevron gebreek het.