10 maar die oorblewende manskappe het hy onder bevel van sy broer Avishai gesit en dié het hy opgestel teen die seuns van `Ammon.
11 Hy het gesê: “As die Arameërs vir my te sterk is, dan moet jy my help, maar as die seuns van `Ammon te sterk is vir jou, sal ek kom om jou te help.
12 Wees onveranderlik sterk en laat ons onsself dapper wys aan ons mense en aan die stede van ons God. Mag יהוה dan doen wat goed is in Sy oë!”
13 Yo’av en die manne wat by hom was, het nadergegaan aan die geveg met die Arameërs en hulle het voor hom gevlug.
14 Toe die seuns van `Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook voor Avishai gevlug en die stad ingegaan. Toe het Yo’av teruggekom van die geveg met die seuns van `Ammon en in Yerushalayim gekom.
15 Toe die Arameërs sien dat hulle deur Yisra’el verslaan is, het hulle hulself bymekaar gebring.
16 Hadad’ezer het gestuur en die Arameërs van oorkant die Rivier (Eufraat) laat bring en hulle het na Heilam gekom. Shovakh, die bevelvoerder van Hadad’ezer se leër, het hulle gelei.