13 Yo’av en die manne wat by hom was, het nadergegaan aan die geveg met die Arameërs en hulle het voor hom gevlug.
14 Toe die seuns van `Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook voor Avishai gevlug en die stad ingegaan. Toe het Yo’av teruggekom van die geveg met die seuns van `Ammon en in Yerushalayim gekom.
15 Toe die Arameërs sien dat hulle deur Yisra’el verslaan is, het hulle hulself bymekaar gebring.
16 Hadad’ezer het gestuur en die Arameërs van oorkant die Rivier (Eufraat) laat bring en hulle het na Heilam gekom. Shovakh, die bevelvoerder van Hadad’ezer se leër, het hulle gelei.
17 Nou toe dit vir Dawid vertel is, het hy die hele Yisra’el bymekaargemaak, deur die Yarden gegaan en by Heilam gekom en die Arameërs het hulleself opgestel om Dawid te ontmoet en teen hom baklei,
18 maar die Arameërs het voor Yisra’el gevlug en Dawid het een duisend sewe honderd strydwadrywers en veertig duisend ruiters van die Arameërs gedood en Shovakh, die bevelvoerder van hul leër, neergeslaan en hy het daar gesterf.
19 Toe al die konings, onderhorig aan Hadad’ezer, sien dat hulle voor Yisra’el verslaan is, het hulle met Yisra’el vrede gesluit en hulle gedien. Die Arameërs was bang om weer die seuns van `Ammon te help.