4 Hanun vat Dawid se diensknegte en skeer die helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die middel af, tot by hulle heupe en stuur hulle weg.
5 Toe hulle dit vir Dawid vertel, het hy gestuur om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie verneder. Die koning het gesê: “Bly in Yerigo totdat julle baarde gegroei het en kom dan terug.
6 Toe die seuns van `Ammon sien dat hulle gehaat geword het by Dawid, het die seuns van `Ammon gestuur en die Arameërs van Beit-Regov en die Arameërs van Zobah gehuur, twintig duisend voetsoldate en die koning van Ma’akhah met een duisend man en die manne van Tov met twaalf duisend man.
7 Toe Dawid dit hoor, het hy Yo’av met die hele leër, die magtige manne, gestuur.
8 Die seuns van `Ammon het uitgekom en in gevegsorde opgestel by die ingang van die poort terwyl die Arameërs van Zobah en Regov en die manne van Tov en Ma’akhah by hulleself in die veld was.
9 Toe Yo’av sien dat die geveg opgestel is teen hom van voor sowel as van agter, het hy uit al die uitgesoektes in Yisra’el gekies en hulle opgestel teen die Arameërs,
10 maar die oorblewende manskappe het hy onder bevel van sy broer Avishai gesit en dié het hy opgestel teen die seuns van `Ammon.