11 Uriyah sê vir Dawid: “Die ark, Yisra’el en Y’hudah bly in tydelike skuilings en my meester Yo’av en die diensknegte van my meester kamp in die oop veld. Sou ek dan na my huis toe gaan om te eet en te drink en by my vrou te lê? So waar as u leef en lewe in u is, ek sal dit nie doen nie!”
12 Dawid sê vir Uriyah: “Bly vandag ook hier en môre sal ek jou laat gaan.” Uriyah het daardie dag en die volgende in Yerushalayim gebly.
13 Dawid het hom geroep en hy het voor hom geëet en gedrink en hy het hom dronk gemaak en met sonsondergang het hy uitgegaan om op sy slaapplek by die diensknegte van sy meester te gaan slaap, maar hy het nie afgegaan na sy huis toe nie.
14 In die oggend skryf Dawid ’n brief aan Yo’av en stuur dit saam met Uriyah.
15 Hy het in die brief geskryf en gesê: “Sit Uriyah op die voorpunt van die hewigste geveg en onttrek van hom af sodat hy neergeslaan kan word en sterf.”
16 So was dit dat terwyl Yo’av die stad verken, hy Uriyah op ’n plek sit waar hy geweet het daar dapper manne is.
17 Die manne van die stad het uitgegaan en teen Yo’av geveg en sommige van die manne, van die diensknegte van Dawid, het geval en Uriyah, die Hittiet, het ook gesterf.