16 So was dit dat terwyl Yo’av die stad verken, hy Uriyah op ’n plek sit waar hy geweet het daar dapper manne is.
17 Die manne van die stad het uitgegaan en teen Yo’av geveg en sommige van die manne, van die diensknegte van Dawid, het geval en Uriyah, die Hittiet, het ook gesterf.
18 Toe stuur Yo’av om aan Dawid die hele verloop van die geveg te rapporteer.
19 Hy het die boodskapper beveel en gesê: “Wanneer jy klaar die hele verloop van die geveg aan die koning vertel het
20 en dit gebeur dat die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: ‘Waarom het julle so naby die stad gegaan om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?
21 Wie het Avimelekh, die seun van Yerubbeshet, verslaan? Het ’n vrou nie ’n boonste meulsteen van bo van die muur af op hom gegooi sodat hy in Tevetz gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom?’ Dan moet jy sê: ‘U dienskneg Uriyah, die Hittiet, is ook dood!’”
22 Die boodskapper het gegaan en gekom en aan Dawid alles rapporteer wat Yo’av vir hom gestuur het om te vertel.