23 Die boodskapper het vir Dawid gesê: “Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgekom in die veld, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.
24 Meer nog, die boogskutters het bo van die muur af op u diensknegte geskiet; sommige van die koning se diensknegte is dood en u dienskneg, Uriyah, die Hittiet, is ook dood.”
25 Toe het Dawid vir die boodskapper gesê: “So moet jy vir Yo’av sê: ‘Moenie dat hierdie saak jou ontevrede stel nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; maak jou geveg teen die stad onveranderlik sterker en verwoes dit.’ So moet jy hom bemoedig.”
26 Toe die vrou van Uriyah hoor dat Uriyah, haar man, dood is, het sy oor haar man gerou.
27 Toe die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar na sy huis toe gebring en sy het sy vrou geword. Toe het sy vir hom geboorte gegee aan ’n seun, maar die ding wat Dawid gedoen het, was boos in die oë van יהוה.