1 Toe stuur יהוה Natan na Dawid toe en hy het by hom gekom en gesê: “Daar was twee manne in ’n stad, die een was ryk en die ander arm.
2 Die ryk man het ’n groot menigte kleinvee en beeste gehad,
3 maar die arm man het niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en versorg het en wat saam met hom en sy kinders groot geword het. Dit het van sy brood geëet en uit sy beker gedrink en aan sy bors gelê en dit was vir hom soos ’n dogter.
4 ’n Reisiger het by die ryk man gekom en hy was onwillig om van sy eie kleinvee of beeste te vat om vir die reisiger, wat by hom gekom het, iets voor te berei; hy het eerder die arm man se ooilam gevat en dit vir die man wat by hom gekom het voorberei.”
5 Toe het Dawid se woede ontvlam teen die man en hy het vir Natan gesê: “So waar as יהוה leef, die man wat dit gedoen het, verdien om te sterf!Eks 22:1 omdat hy hierdie ding gedoen het en geen omgee gehad het nie.”
6 Hy moet viervoudig restitusie doen vir die lam
7 Natan sê toe vir Dawid: “U is die man! So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Dit is Ék wat jou as koning gesalf het oor Yisra’el en dit is Ék wat jou bevry het uit die hand van Sha’ul.