12 Jy het dit weliswaar in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele Yisra’el en in die helder daglig.’”
13 Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het gesondig teen יהוה!” Natan sê vir Dawid: “So het יהוה dan ook u sonde verwyder; u sal nie sterf nie,
14 maar omdat u die vyande van יהוה deur hierdie saak geleentheid gegee het om kwaad te praat, sal die kind wat vir u gebore is, sekerlik sterf.”
15 Natan het na sy huis toe gegaan. Toe het יהוה die seun, waaraan die weduwee van Uriyah vir Dawid geboorte gegee het, getref sodat hy ernstig siek was.
16 Dawid het daarom navraag gedoen by God vir die kind en Dawid het gevas en gegaan en die hele nag op die grond gelê.
17 Die oudstes van sy huishouding het langs hom gestaan om hom van die grond af op te tel, maar hy wou nie en het ook nie kos saam met hulle geëet nie.
18 Toe het dit op die sewende dag gebeur dat die seun sterf. Dawid se diensknegte was bang om hom te vertel dat die seun dood is, want hulle het gesê: “Let op, toe die seun nog gelewe het, het ons met hom gepraat en hy het nie na ons stem geluister nie. Hoe kan ons dan vir hom sê: ‘Die seun is dood,’ aangesien hy homself skade kan aandoen.’”