22 Hy antwoord: “Toe die seun nog gelewe het, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink: ‘Wie weet, יהוה mag onverdiende guns aan my bewys dat die seun mag leef,’
23 maar nou is hy dood; hoekom sou ek vas? Kan ek hom weer terugbring? Ek sal na hom toe gaan, maar hy sal nie na my toe terugkeer nie.”
24 Toe het Dawid sy vrou Bat-Sh’va vertroos en by haar ingegaan en by haar gelê en sy het geboorte gegee aan ’n seun en hy het hom Shlomo genoem. יהוה het hom liefgehad
25 en ’n boodskap deur Natan, die profeet, gestuur en hy het hom Y’didyah laat noem, ter wille van יהוה.
26 Yo’av het teen Rabbah van die seuns van `Ammon geveg en die koninklike stad oorgeneem.
27 Yo’av het boodskappers na Dawid toe gestuur om te sê: “Ek het teen Rabbah geveg, ek het die koninklike stad oorgeneem;
28 daarom, maak die res van die manne bymekaar en beleër die stad en neem dit oor, of ék sal die stad self oorneem en dit sal na my vernoem word.”