25 en ’n boodskap deur Natan, die profeet, gestuur en hy het hom Y’didyah laat noem, ter wille van יהוה.
26 Yo’av het teen Rabbah van die seuns van `Ammon geveg en die koninklike stad oorgeneem.
27 Yo’av het boodskappers na Dawid toe gestuur om te sê: “Ek het teen Rabbah geveg, ek het die koninklike stad oorgeneem;
28 daarom, maak die res van die manne bymekaar en beleër die stad en neem dit oor, of ék sal die stad self oorneem en dit sal na my vernoem word.”
29 Dawid maak al die manne bymekaar en gaan na Rabbah, veg daarteen en neem dit oor.
30 Toe vat hy die kroon van hulle koning van sy kop af en die gewig daarvan was ’n talent goud, met ’n kosbare steen daarin en dit is op Dawid se kop gesit en hy het die buit van die stad in groot hoeveelhede uitgebring.
31 Hy het ook die manne wat daarin was, uitgebring en laat werk by die sae, skerp ysterinstrumente, ysterbyle en hulle laat oorgaan na die steenoonde en so het hy met al die stede van die seuns van `Ammon gedoen. Toe het Dawid en al die manne na Yerushalayim teruggekeer.