1 Avshalom, die seun van Dawid, het ’n mooi suster gehad met die naam van Tamar en dit was hierna dat Amnon, die seun van Dawid, haar liefgehad het.
2 Amnon was so gefrustreerd oor sy suster Tamar dat hy homself siek gemaak het, want sy was ’n maagd en dit was in Amnon se oë moeilik om iets aan haar te doen,
3 maar Amnon het ’n vriend gehad, met die naam van Yonadav, die seun van Dawid se broer Shim’ah en Yonadav was ’n baie skerpsinnige man.
4 Hy vra vir hom: “O, seun van die koning, waarom lyk jy so bedruk, oggend na oggend? Sal jy my nie vertel nie?” Toe sê Amnon vir hom: “Ek is lief vir Tamar, die suster van my broer Avshalom.”