11 Toe sy dit na hom toe bring om te eet, het hy haar gegryp en vir haar gesê: “Kom lê by my, my suster!”
12 Sy antwoord hom egter: “Nee, my broer, onteer my nie, want so iets word nie in Yisra’el gedoen nie; moenie so ’n skandelike ding doen nie.
13 Wat van my? Waar sou ék van my skande ontslae raak? Wat van jou? Jy sal wees soos een van die dwase in Yisra’el. Praat daarom asseblief met die koning, want hy sal my nie van jou terughou nie.”
14 Hy wou egter nie na haar luister nie en aangesien hy sterker was as sy, het hy haar onteer en by haar gelê.
15 Toe het Amnon haar gehaat met ’n baie groot haat, want die haat waarmee hy haar gehaat het, was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het. Amnon sê vir haar: “Staan op, gaan weg!”
16 Sy sê egter vir hom: “Nee, want die verkeerde om my weg te stuur, is groter as die ander wat jy aan my gedoen het.” Tog wou hy nie na haar luister nie.
17 Toe roep hy die jongman wat hom bedien en sê: “Gooi hierdie vrou uit my teenwoordigheid uit en sluit die deur agter haar toe.”