15 Toe het Amnon haar gehaat met ’n baie groot haat, want die haat waarmee hy haar gehaat het, was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het. Amnon sê vir haar: “Staan op, gaan weg!”
16 Sy sê egter vir hom: “Nee, want die verkeerde om my weg te stuur, is groter as die ander wat jy aan my gedoen het.” Tog wou hy nie na haar luister nie.
17 Toe roep hy die jongman wat hom bedien en sê: “Gooi hierdie vrou uit my teenwoordigheid uit en sluit die deur agter haar toe.”
18 Sy het ’n rok met lang moue aangehad, want so het die maagdelike dogters van die koning aangetrek. Toe het sy bediende haar buitentoe gevat en die deur agter haar toegesluit.
19 Tamar het as op haar kop gesit en haar rok met lang moue aan haar geskeur en sy het haar hand op haar kop gesit en al huilende weggegaan.
20 Toe het Avshalom, haar broer, vir haar gesê: “Was jou broer Amnon by jou? Swyg egter nou, my suster! Hy is jou broer, sit jou hart nie op hierdie saak nie.” So het Tamar as ’n verlatene in die huis van haar broer Avshalom gebly.
21 Toe koning Dawid van al hierdie dinge hoor, was hy baie kwaad,