2 Amnon was so gefrustreerd oor sy suster Tamar dat hy homself siek gemaak het, want sy was ’n maagd en dit was in Amnon se oë moeilik om iets aan haar te doen,
3 maar Amnon het ’n vriend gehad, met die naam van Yonadav, die seun van Dawid se broer Shim’ah en Yonadav was ’n baie skerpsinnige man.
4 Hy vra vir hom: “O, seun van die koning, waarom lyk jy so bedruk, oggend na oggend? Sal jy my nie vertel nie?” Toe sê Amnon vir hom: “Ek is lief vir Tamar, die suster van my broer Avshalom.”
5 Toe sê Yonadav vir hom: “Lê op jou bed en maak of jy siek is. Wanneer jou vader kom om jou te sien, moet jy vir hom sê: ‘Laat my suster Tamar asseblief kom en vir my iets gee om te eet en die ete voor my oë voorberei dat ek dit kan sien en uit haar hand uit eet.’”
6 Amnon het gaan lê en gemaak of hy siek is. Toe die koning kom om hom te sien, sê Amnon vir die koning: “Laat my suster Tamar asseblief kom en ’n paar koeke voor my oë maak dat ek uit haar hand kan eet.”
7 Toe het Dawid na Tamar se huis gestuur en gesê: “Gaan nou na die huis van jou broer Amnon en berei vir hom ete voor.”
8 Tamar gaan toe na die huis van haar broer Amnon en hy het gelê en sy het deeg gevat, dit geknie en koeke voor sy oë gemaak en die koeke gebak.