25 Die koning sê egter vir Avshalom: “Nee, my seun, ons moenie almal gaan nie, want ons sal lastig wees vir jou.” Alhoewel hy by hom aangehou het, wou hy nie gaan nie, maar het hom geseën.
26 Toe sê Avshalom: “So nie, laat my broer Amnon saam met ons gaan.” Die koning sê vir hom: “Waarom moet hy saam met jou gaan?”
27 Toe Avshalom egter by hom aanhou, het hy Amnon en al die seuns van die koning saam met hom laat gaan.
28 Avshalom het sy diensknegte beveel en gesê: “Kyk nou, wanneer Amnon se binneste vrolik is met wyn en wanneer ek vir julle sê: ‘Slaan Amnon dood,’ dan moet julle hom doodmaak. Moenie bang wees nie; het ékself julle nie beveel nie? Wees vol moed en dapper.”
29 Die diensknegte van Avshalom het met Amnon gedoen net soos Avshalom beveel het. Toe het al die seuns van die koning opgestaan en elkeen het op sy muil geklim en gevlug.
30 Nou dit was terwyl hulle op pad was dat die verslag by Dawid uitgekom het wat sê: “Avshalom het al die seuns van die koning doodgeslaan en nie een van hulle is oor nie.”
31 Toe staan die koning op, skeur sy klere en gaan lê op die grond en al sy diensknegte het bygestaan met geskeurde klere.