30 Nou dit was terwyl hulle op pad was dat die verslag by Dawid uitgekom het wat sê: “Avshalom het al die seuns van die koning doodgeslaan en nie een van hulle is oor nie.”
31 Toe staan die koning op, skeur sy klere en gaan lê op die grond en al sy diensknegte het bygestaan met geskeurde klere.
32 Yonadav, die seun van Dawid se broer, Shim’ah, het geantwoord: “My meester moenie dink dat hulle al die jongmanne, die seuns van die koning, doodgemaak het nie, want Amnon alleen is dood omdat dit in Avshalom se beplanning bepaal is sedert die dag wat hy sy suster Tamar onteer het;
33 daarom nou, my meester die koning moenie die verslag ‘al die koning se seuns is dood,’ ernstig opneem nie, want net Amnon is dood.
34 Avshalom het gevlug. Die jongman wat op wag was, lig sy oë op en kyk en let op, baie mense kom van die pad agter hom af, aan die kant van die berg.
35 Yonadav sê vir die koning: “Let op, die seuns van die koning het gekom; volgens die woord van u dienskneg, so het dit gebeur.”
36 Net toe hy klaar gepraat het, let op, kom die seuns van die koning en verhef hulle stemme en huil en ook die koning en al sy diensknegte het hard gehuil.2 Sh’m 3:3 Dawid het elke dag oor sy seun gerou.