1 Net toe Dawid ’n entjie verby die kruin is, let op, ontmoet Tziva, M’fivoshet se dienskneg, hom met ’n paar opgesaalde donkies en op hulle twee honderd brode, ’n honderd rosynekoeke, honderd somervrugte en ’n houer wyn.
2 Die koning het vir Tziva gevra: “Waarvoor het jy hierdie?” Tziva antwoord: “Die donkies is vir die huishouding van die koning om op te ry en die brood en die somervrugte vir die jongmanne om te eet en die wyn vir wie ook al swak is in die wildernis, om te drink.”
3 Toe vra die koning: “Waar is die seun van jou meester?” Tziva sê vir die koning: “Let op, hy bly in Yerushalayim, want hy dink: ‘Vandag sal die huis van Yisra’el my vader se koningskap aan my teruggee.’”
4 Die koning sê toe vir Tziva: “Let op, alles wat aan M’fivoshet behoort, is joune.” Tziva het gesê: “Ek buig my neer! Mag ek guns vind in u oë, my meester die koning!”
5 Toe koning Dawid by Bagurim kom, let op, kom daar ’n man van die familie van die huis van Sha’ul, wie se naam Shim’i was, die seun van Gera; hy het uitgekom en aanhoudend gevloek soos hy uitkom.
6 Hy het klippe na Dawid en al die diensknegte van koning Dawid gegooi en al die mense en al die magtige manne was aan sy regter- en aan sy linkerkant.
7 Dit het Shim’i gesê terwyl hy gevloek het: “Gaan uit, gaan uit, jou bloedvergieter en jou deugniet!