9 Toe sê Avishai, die seun van Tz’ruyah, vir die koning: “Hoekom moet hierdie dooie hond my meester die koning vloek? Laat my nou oorstap en sy kop afsny!”
10 Die koning sê egter: “Wat het ek met julle te doen, seuns van Tz’ruyah? As hy vloek en as יהוה vir hom gesê het: ‘Vloek vir Dawid,’ wie mag dan vra: ‘Hoekom maak jy so?’”
11 Toe het Dawid aan Avishai en aan al sy diensknegte gesê: “Let op, my seun wat van my uitgegaan het, soek my lewe; hoeveel te meer nou hierdie Binyaminiet? Laat hom staan en laat hom vloek, want יהוה het hom beveel.
12 Miskien sal יהוה my ellende sien en goed aan my teruggee in plaas van sy vloek vandag.
13 Dawid en sy manne het toe met die pad aangegaan en Shim’i het parallel, al langs hom, teen die kant van die berg geloop en vloek, klippe gegooi en stof na hom toe gegooi.
14 Die koning en al die mense wat by hom was, het moeg by die Yarden aangekom en hy het homself daar verfris.
15 Avshalom en al die manne, die manne van Yisra’el, het Yerushalayim binnegegaan en Agitofel was by hom.