19 Die vrou het ’n bedekking gevat en dit bo-oor die put se opening uitgesprei en graan daarop gestrooi sodat niks sigbaar was nie.
20 Toe kom Avshalom se diensknegte by die vrou by die huis en vra: “Waar is Agima’atz en Y’honatan?” Die vrou sê vir hulle: “Hulle het die stroompie water oorgegaan.” Toe hulle gesoek en niks gekry het nie, het hulle na Yerushalayim teruggegaan.
21 Dit het gebeur nadat hulle weggegaan het dat hulle uit die put uit opgekom en gegaan en aan koning Dawid berig gebring het en hulle het vir Dawid gesê: “Staan op en trek gou deur die water, want so het Agitofel teen julle advies gegee.”
22 Toe het Dawid en al die mense wat by hom was, opgestaan en die Yarden oorgesteek en teen oggendlig het selfs nie een oorgebly wat nie die Yarden oorgesteek het nie.
23 Toe Agitofel sien dat sy advies nie gevolg is nie, het hy sy donkie opgesaal, opgestaan en na sy huis, na sy stad, gegaan en sy huis in orde gekry en homself verwurg; so is hy dood en is begrawe in die graf van sy vader.
24 Toe het Dawid in Maganayim aangekom en Avshalom het die Yarden oorgesteek, hy en al die manne van Yisra’el saam met hom.
25 Avshalom het `Amasa in Yo’av se plek oor die leër aangestel. `Amasa was die seun van ’n man met die naam van Yitra, die Yisra’eliet wat ingegaan het by Avigayil, die dogter van Nagash, suster van Tz’ruyah, Yo’av se moeder.