2 Ek sal op hom afkom terwyl hy moeg en uitgeput is en hom verskrik sodat al die mense vlug wat by hom is. Dan sal ek slegs die koning neerslaan
3 en ek sal die hele volk na u toe terugbring. Die terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede wees.”
4 Die plan was goed in die oë van Avshalom en al die oudstes van Yisra’el.
5 Toe het Avshalom gesê: “Roep nou ook vir Hushai, die Arkiet en laat ons ook hoor wat hy te sê het.”
6 Toe Hushai by Avshalom gekom het, het Avshalom vir hom gesê: “So het Agitofel gepraat. Sal ons sy plan uitvoer? So nie, praat jy dan.”
7 Hushai sê vir Avshalom: “Die advies wat Agitofel hierdie keer gegee het, is nie goed nie.”
8 Verder het Hushai gesê: “U ken u vader en sy manne dat hulle magtige manne is en verbete, soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader ’n deskundige in oorlogvoering en hy sal nie die nag by die mense deurbring nie.