2 Die koning het die Giv’oniete geroep en met hulle gepraat. Die Giv’oniete was nie van die seuns van Yisra’el nie, maar van die oorblyfsel van die Emoriete en die seuns van Yisra’el het ’n verbond met hulle gesluit, maar Sha’ul het probeer om hulle dood te maak in sy ywer vir die seuns van Yisra’el en Y’hudah.
3 So het Dawid aan die Giv’oniete gesê: “Wat moet ek vir julle doen en waarmee moet ek toedekking doen dat julle die erfenis van יהוה kan seën?”
4 Toe sê die Giv’oniete vir hom: “Dit is nie silwer en goud wat die huis van Sha’ul ons skuld nie en dit is ook nie ons begeerte om enige iemand in Yisra’el dood te maak nie.” Hy sê: “Ek sal vir julle doen wat julle ook al sê?”
5 Hulle sê toe vir die koning: “Die man wat ons verteer het en beplan het om ons uit te wis binne enige grense van Yisra’el,
6 laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word en ons sal hulle voor יהוה hang in Giv’ah van Sha’ul, die gekose van יהוה!” Die koning het gesê: “Ek sal gee.”
7 Die koning het egter vir M’fivoshet, die seun van Y’honatan, die seun van Sha’ul, gespaar vanweë die eed van יהוה wat tussen hulle was, tussen Dawid en Y’honatan, die seun van Sha’ul.
8 Die koning vat toe die twee seuns van Ritzpah, die dogter van Ayah, Armoni en M’fivoshet, wat vir Sha’ul gebore is en die vyf seuns van Merav, die dogter van Sha’ul, wat vir Adri’el, die seun van Barzillai, die Megolatiet, gebore is