1 Dawid het die woorde van hierdie lied tot יהוה gespreek op die dag toe יהוה hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Sha’ul.
2 Hy het gesê: “יהוה is my Rots en my Vesting en my Bevryder;
3 my God, my Rots, by wie ek skuil; my Skild en die Horing van my verlossing, my Vesting en my Skuilplek; my Verlosser, U red my van geweld.
4 Ek roep יהוה aan wat waardig is om geloof te word en ek word van my vyande gered,
5 want die golwe van die dood het my omring, strome van wettelose manne het my bang gemaak