30 want met U loop ek ’n bende storm, met die hulp van my God kan ek oor ’n muur spring.
31 Wat God betref, Sy pad is volmaak; die woord van יהוה is getoets; Hy is ’n Skild vir almal wat by Hom skuil,
32 want wie is God buiten יהוה en wie is ’n Rots buiten ons God?
33 God is my sterk Vesting en Hy plaas die skuldlose op Sy pad.
34 Hy maak my voete soos dié van hertooie, en laat my staan op my hoë plekke.
35 Hy oefen my hande vir die geveg sodat my arms ’n koper boog kan span.
36 U het ook vir my die skild van U verlossing gegee en U hulp maak my groot.