33 God is my sterk Vesting en Hy plaas die skuldlose op Sy pad.
34 Hy maak my voete soos dié van hertooie, en laat my staan op my hoë plekke.
35 Hy oefen my hande vir die geveg sodat my arms ’n koper boog kan span.
36 U het ook vir my die skild van U verlossing gegee en U hulp maak my groot.
37 U vergroot my treë onder my en my voete het nie gegly nie.
38 Ek het my vyande agtervolg en hulle vernietig en ek het nie teruggedraai voordat hulle verteer is nie.
39 Ek het hulle verteer en hulle verbrysel sodat hulle nie opstaan nie en hulle het onder my voete geval,