6 Maar die deugniete, elkeen van hulle sal weggegooi word soos dorings, want hulle kan nie aan die hand gevat word nie,
7 maar die man wat hulle aanraak moet bewapen wees met yster en die steel van ’n spies en hulle sal volkome verbrand word met vuur waar hulle is.”
8 Hierdie is die name van die magtige manne wat Dawid gehad het: Yoshev-Bashevet, ’n Tag’kmoniet, die hoof van die bevelvoerders; hy is `Adino die Etzniet, genoem omdat hy agt honderd op een slag doodgemaak het;
9 ná hom was El’azar, die seun van Dodo, die Agogiet, een van die drie magtige manne by Dawid toe hulle die F’lishtyne geminag het wat daar bymekaar was om te veg en die manne van Yisra’el teruggetrek het.
10 Hy het opgestaan en die F’lishtyne geslaan totdat sy hand moeg geword en aan die swaard vasgekleef het en יהוה daardie dag ’n groot oorwinning bewerk het en die manne het teruggekom ná hom net om te buit.
11 Ná hom was Shammah, die seun van Age, die Harariet. Die F’lishtyne het bymekaargekom in ’n eenheid waar daar ’n stuk grond was vol lensies en die mense het vir die F’lishtyne gevlug,
12 maar hy het gaan staan in die middel van die stuk grond, dit verdedig en die F’lishtyne verslaan en יהוה het ’n groot oorwinning bewerk.