1 Die woede van יהוה het weer teen Yisra’el opgevlam. Dawid is teen hulle aangehits en daar is vir hom gesê: “Gaan tel Yisra’el en Y’hudah.”
2 Die koning het vir Yo’av, die bevelvoerder van die leër, wat by hom was, gesê: “Gaan deur al die stamme van Yisra’el, van Dan tot by Be’er-Sh’va en tel die volk sodat ek die getal mense kan weet.”
3 Yo’av het egter vir die koning gesê: “Nou, mag יהוה, u God, by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is terwyl die oë van my meester die koning sien, maar waarom het my meester die koning behae in hierdie saak?”
4 Nogtans het die woord van die koning gestaan teenoor Yo’av en die bevelvoerders van die leër. Yo’av en die bevelvoerders van die leër het uitgegaan vanaf die teenwoordigheid van die koning om die mense van Yisra’el te tel.
5 Hulle het deur die Yarden gegaan en kamp opgeslaan in `Aro’er, regs van die stad wat in die middel van die vallei van Gad lê en in die rigting van Ya’zer.
6 Toe het hulle in Gil’ad gekom en by die land van Tagtim-Hodshi en hulle het by Dan-Ya’an gekom en rondom na Tzidon