20 Aravnah het afgekyk en die koning en sy diensknegte na hom toe sien oorkom en Aravnah het uitgegaan en sy gesig na die grond toe neergebuig voor die koning.
21 Toe het Aravnah gesê: “Waarom kom my meester die koning na sy dienskneg?” Dawid antwoord: “Om die dorsvloer van jou te koop, om vir יהוה ’n altaar te bou sodat die plaag teruggehou kan word van die mense.”
22 Aravnah sê vir Dawid: “My meester die koning kan vat en offer wat goed is in sy oë. Kyk, die beeste vir die brandoffer, die dorssleë en die jukke van die beeste vir die hout.
23 Aravnah gee alles, o koning, aan die koning.” Aravnah het ook vir die koning gesê: “Mag יהוה, u God, u aanvaar.”
24 Die koning het egter vir Aravnah gesê: “Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir ’n prys, want ek wil nie aan יהוה, my God, brandoffers bring wat my niks kos nie.” Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer.”
25 Dawid het daar vir יהוה ’n altaar gebou en brandoffers en vredesoffers gebring. So is יהוה deur gebed vir die land beweeg en die plaag is van Yisra’el af teruggehou.