5 Hulle het deur die Yarden gegaan en kamp opgeslaan in `Aro’er, regs van die stad wat in die middel van die vallei van Gad lê en in die rigting van Ya’zer.
6 Toe het hulle in Gil’ad gekom en by die land van Tagtim-Hodshi en hulle het by Dan-Ya’an gekom en rondom na Tzidon
7 en gekom by die vesting van Tzor en by al die stede van die Hiviete en Kena’aniete en hulle het uitgekom na die suide van Y’hudah in Be’er-Sh’va.
8 Toe hulle rondgegaan het deur die hele land, het hulle in Yerushalayim aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae.
9 Yo’av het die getal van die getelde mense aan die koning gegee en daar was in Yisra’el agt honderd duisend weerbare manne wat die swaard uittrek en die manne van Y’hudah was vyf honderd duisend man.
10 Dawid se gewete het hom gepla nadat hy die volk getel het. Dawid het vir יהוה gesê: “Ek het baie gesondig deur wat ek gedoen het, maar nou, יהוה, vat asseblief die skuld van U dienskneg weg, want ek het baie dwaas opgetree.”
11 Toe Dawid in die oggend opstaan, het die woord van יהוה tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê: