11 Hy kon Avner verder nie ’n woord antwoord nie omdat hy vir hom bang was.
12 Toe stuur Avner boodskappers na Dawid in sy plek om te sê: “Aan wie behoort die land? Sluit u verbond met my en let op, my hand sal met u wees om die hele Yisra’el na u toe oor te bring.”
13 Hy het gesê: “Goed, ek sal met jou ’n verbond sluit, maar een ding eis ek van jou, naamlik, jy sal nie my gesig sien as jy nie eers vir Mikhal, die dogter van Sha’ul, bring wanneer jy my kom sien nie.”
14 Dawid het boodskappers na Ish-Boshet, Sha’ul se seun gestuur, om te sê: “Gee vir my my vrou Mikhal, aan wie ek verloof was vir tweehonderd voorhuide van die F’lishtyne.”
15 Ish-Boshet het gestuur en haar van haar man, Palti’el, die seun van Layish, weggevat,
16 maar haar man het saam met haar gegaan, al huilende op pad en haar gevolg tot by Bagurim. Toe sê Avner vir hom: “Gaan terug.” Hy het daarop teruggegaan.
17 Avner het met die oudstes van Yisra’el beraadslag en gesê: “In die verlede het julle begeer dat Dawid koning moes wees oor julle.