17 Avner het met die oudstes van Yisra’el beraadslag en gesê: “In die verlede het julle begeer dat Dawid koning moes wees oor julle.
18 Doen dit dan nou, want יהוה het van Dawid gepraat en gesê: ‘Deur die hand van My kneg Dawid sal Ek My volk Yisra’el uit die hand van die F’lishtyne en uit die hand van al hulle vyande red.”
19 Avner het ook voor die ore van Binyamin gepraat en Avner het ook gegaan om voor die ore van Dawid in Hevron te praat van alles wat goed was vir Yisra’el en vir die hele huis van Binyamin.
20 Toe het Avner en twintig man saam met hom, by Dawid in Hevron gekom en Dawid het ’n fees berei vir Avner en die manne wat by hom was.
21 Avner het vir Dawid gesê: “Laat my opstaan en die hele Yisra’el by my meester die koning gaan versamel sodat hulle met u ’n verbond kan sluit en dat u koning kan wees oor alles wat u verstand, wil en emosie begeer.” Dawid het vir Avner weggestuur en hy het in vrede gegaan.
22 Let op, die diensknegte van Dawid en Yo’av het van ’n rooftog af gekom en baie buit saam met hulle gebring, maar Avner was nie meer by Dawid in Hevron nie, want dié het hom weggestuur en hy het in vrede gegaan.
23 Toe Yo’av en die hele leër wat saam met hom was, arriveer, het hulle vir Yo’av vertel en gesê: “Avner, die seun van Ner, het na die koning toe gekom en dié het hom weggestuur en hy het in vrede gegaan.”